Sagte Soentjies

Oond 180 gr C.   Klits saam: 250 gr sagte margarine, 515 ml suiker, 2 eiers en 1 t vanilla essens.  Sif saam: 450 ml bruismeel, 520 ml maizena en 3 ml sout.  Roer by eiermengsel tot sagte deeg.  Rol deeg uit en druk in fatsoene.  Plaas op gevoerde, gesmeerde bakplaat en bak tot ligte strooikleur.  [15-20 minute]  Koekies kan opmekaar geplak word met vanilla versiersel.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos