Sampioen-Aartappel-Gebak

Kook 6 aartappels tot effe sag. Laat afkoel en trek skille af. Sny in dun skyfies en pak in oondskottel.  Braai 1 ui, gekap, in olie en voeg 1 blikkie sampioene by. Skep bo-op aartappels. Meng 1 pakkie sampioen-soppoeier met 250 ml room en 125 ml melk. Klits alle klontjies uit met draadklitser. Gooi bo-oor aartappels en sprinkel hand-vol gerasperde kaas bo-oor. Bak vir 40-45 minute by 180 gr C tot goudbruin.  Bedien by vleis of hoender vir by-gereg.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos