Tot Sy eer.
Search

Sampioen en Soetrissie Quiche

Gebruik enige broskorsdeeg, nie soet, en voer quiche pan uit.  Strooi 250 ml gerasperde cheddarkaas op deeg.  Braai in bietjie olie: 1 gekapte soetrissie, 1/4 gekapte ui, 250 gr gekapte sampioene, sout en peper na smaak. Sprinkel 15 ml koekmeel oor en braai tot byna droog.  Skep bo-op kaas.   Klits saam: 2 groot eiers, 250 ml room 1 ml mosterdpoeier en knippie sout.   Gooi bo-oor vulsel.  Bak by 180 gr C vir 40 minute tot gaar.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos