Tot Sy eer.
Search

Sampioen Roomsous

Braai 1 gekapte ui en 1 gekapte knoffelhuisie in bietjie olie tot sag. Roer 1 blikkie gedreineerde sampioenstukkies by. Meng water van sampioene, in blikkie met 1 E sampioensoppoeier en roer by uie en sampioene. Voeg 1 houertjie room stadig by terwyl jy roer. As te dik, verdun met gewone melk. Kook deur en gebruik oor steak, varktjops, hoenderstukke of as pastasous. Sprinkel 2 t gekapte dille of pietersielie oor.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos