Sampioen Sous

Kerf en braai 1 houer wit sampioene en 1 klein uitjie in botter tot vloeistof verdamp het. Krummel 1 blokkie biefekstrak bo-oor en voeg 1 en halwe houertjie room by. Roer tot ekstrak opgelos het en sous begin kook. Jy kan ook vars gekapte pietersielie byvoeg as jy wil. Skep oor gaar biefstuk. Jy kan dit ook as sous oor gaar pasta eet.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos