Sappige Frikkadelle

Oond: 180 gr C.

Meng saam: 500 gr maalvleis, 1 klein gekapte ui, 1 E tamatiesous, 2 t Worcestersous, 1 eier 1/2 k broodkrummels of rou oats, geur met speserye van jou keuse.
Maak balletjies van mengsel en pak in oondpan met bietjie kookolie op bodem.   Bak tot gaar, so 30 minute. Gooi vlg sous oor frikkadelle.
Braai 1 groot gekapte ui in bietjie olie, gooi 1 blik gegeurde tamaties, met sous en al by ook 1 fyn gekapte knoffelhuisie. en 2 E tamatiesous en 2 t suiker.
Bedien op gekookte spagetti of pasta van jou keuse.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos