Tot Sy eer.
Search

Sappige Frikkadelle

Oon 180 gr C.     Meng alle bestandele liggies saam in bak.  750 gr maalvleis, 1 groot gekapte ui, 3 knoffelhuisies, gekap, 1 groot gerasperde wortel, 1 k vars broodkrummels, 1 E asyn, 1 E tamatiessous, 1 E blatjang, 1 E worcestersous, 1 t mosterdpoeier, 1 E fyn koljander, 2 t droë gemengde kruie, half t sout en 1 geklitste eier. Maak  bolletjies van mengsel en plaas in oondbak. Sprinkel 2 E olyfolie oor. Bak vir 30 minute. Lekker vir inpak vir padkos of skool/werk kosblikke.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos