Semel Rosyne Beskuit

Oond op 180 gr C.     Droë bestandele in skottel: 2 kg bruismeel, 8 k semels, 1 1/2 k klapper, 2 t bakpoeier, 2 t kremetart 2-3 k suiker en 1 t sout. Voeg 2 k sultanas by.  Klits in groot bak: 6 eier en 1 l karringmelk. Voeg by meelmengsel en ook 750 gr gesmelte margarine.  Meng deur en skep in gesmeerde oondpan. Bak vir 40-50 minute tot gaar. Keer uit en koel af. Sny met broodmes in stukke en plaas op plat panne en droog uit by 100 gr C.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos