Shortbread Beskuit.

Bring vlg tot kookpunt; in kastrpl: 500 ml melk, 500 ml suiker en halwe t sout. Roer tot suiker opgelos is. Haal van stoof af en roer 7 ml koeksoda by, oppas dit skuim. Koel effe af. Sif saam: 10 k koekmeel em vryf 500 ml sagte margarine in meel. Meng ook 750 ml muesli by. Voeg dan melkmengsel by. Meng net deur en druk vas in gesmeerde bakplaat. Sny in skywe of blokkies as jy vierkantige pan gebruik. Bak by 160 gr C vir 60 minute. Koel af in pan. Haal versigtig uit met eierspaan en pak trug in bakplaat. Droog uit by 100 gr C. tot droog.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos