Sjokolade Eclairs

Oond 180 gr C. Gooi in kastrol: 60 ml water, 60 ml melk en 60 gr margarine. Bring tot kookpunt. Haal kastrol af van hitte en voeg 135 ml koekmeel, 3 ml sout en 3 ml suiker by. Roer met houtlepel tot gladde pasta.Klop 3 geklitste eiers bietjie vir bietjie by en meng tot gladde deeg. Skep deeg in ‘n spuitsak en spuit lang vorms op ‘n uitgevoerde, gesmeerde bakplaat. Plaas in oond en bak 25 minute lank tot uitgepof, bros en goudbruin. Haal uit en koel af op draadrakkie.Vul met styfgeklopte room en smelt sjokolade en smeer bo-oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos