Tot Sy eer.
Search

Sjokolade Fudge Koek

Oond : 180 gr C. Smeer en voer 2 ronde koekpanne. Meng alle bestandele saam in Mengbak: 2 K koekmeel, 4 t bakpoeier, 2 k suiker, 1 k kakaopoeier, 200 gr sagte botter, 3 eiers, 1 k melk, 125 ml sonneblom olie en kwart t sout. Klits goed deur. Deel die deeg in panne en bak vir 30 min tot gaar. Rus 5 min en keer uit, koel heeltemal af en versier in die middel en bo-oor met vlg versiersel. Gooi in 315 ml room in kastrol en laat warm word, nie kook. Voeg by: 200 gr sjokolade, in blokkies gebreek, 1 t stroop,knippie sout en 1 t vanilla essens. Koel af en versier koek, sprinkel gekapte neute oor as verkies

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos