Sjokolade-Koffie Poeding [flatervry]

Oond 180 gr C.     Meng saam in mengbak: 3/4 k suiker, 1 k bruismeel, 1/2 k kakaopoeier en 1/4 t sout.  Roer by: 1/2 k melk en 1/3 k gesmelte margarine. Skep deeg in diep gesmeerde oondbak.  Meng vlg vir bo-laag: 3/4 k suiker, 1/4 k bruinsuiker, 1/4 k kakaopoeier en knippie sout. Strooi oor deeg. Meng 1 1/2 k sterk, swart koffie en 1 t vanilla essens en gooi versigtig bo-oor. Moenie roer nie.  Bak vir 30-40 minute tot gaar. Bedien met roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos