Sjokolade-Koffie Poeding

Oond 180 gr C.  Verhit 125 ml melk en 3 E koffiekorrels en koel af. Meng 250 ml bruismeel, knippie sout, 125 ml strooisuiker en 125 ml bruinsuiker en maak holte in middel. Klits 1 eier, 2 E gesmelte botter en melk-koffie mengsel saam. Roer by meelmengsel, Skep in diep, gesmeerde oondbak. Meng bestandele van sous: 500 ml kookwater, 3 E koffiekorrels, 180 ml buinsuiker, 2 E stroop en 3 E botter saam en gooi bo-oor deeg. Bak vir 1 uur. Bedien met room of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos