Tot Sy eer.
Search

Sjokolade-Mayonaise Koek.

Oond 180 gr C.  Sif vlg bestandele saam: 500 ml koekmeel, 160 ml kakao poeier, 2 t bakpoeier, 1 t koeksoda en 3 ml sout.   Klits saam: 3 groot eiers, 375 ml suiker en 1 t vanillageursel. Voeg 250 ml mayonaise by. Klits deur. Voeg droë bestandele en 330 ml warm water om beurt by geklitste mengsel. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne en bak vir 30-35 minute tot gaar. Keer uit en koel af op draadrakkie.  Versier met volgende versiersel: 80 ml kakao, 375 ml versiersuiker, 125 ml sagte margarine, 1 t vanillageursel , 1 E kookwater en knippie sout. Klits alles saam tot sag en romerig. Smeer karamel kondensmelk tussen lae en smeer verder met versiersel.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos