Sjokolade Mayonaise Koek

Oond 180 gr C.

Sif saam in mengbak: 2 k koekmeel, 160 ml kakaopoeier, 2 t bakpoeier, 1 t koeksoda en 1/2 t sout.
 Klits saam: 3 groot eiers, 375 ml suiker en 1 t vanillageursel. Voeg 1 k mayonaise by  en roer by droë bestandele saam met 330 ml louwarm water.
Skep in 2 gevoerde gesmeerde koekpanne en bak 30-35 minute tot gaar.
 Versiersel: Klits saam: 375 ml versiersuiker, 80 ml kakaopoeier, 100 gr sagte margarine, 1 E kookwater en 1 t vanillageursel.  Klits tot sag en donsig.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos