Sjokolade Mayonaise Koek [lekker klam koek]

Oond 180 gr C.   Voer 2 ronde koekpanne met bakpapier en smeer goed.  Sif saam in mengbak:  2 k bruismeel, 1/4 t sout. 1 t koeksoda en 3/4 k kakaopoeier.  Klits saam in groot beker: 3 eiers, 1 k mayonaise 400 ml suiker, 2 t vanillageursel en 330 ml water.  Roer by droë bestandele. Deel in 2 panne. Bak 30 minute tot gaar.  Koel af en versier met versiersel van jou keuse.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos