Sjokolade Mayonaise Koek

Oond 180 gr C.   Sif saam in bak: 2 k koekmeel, 180 ml kakaopoeier, 2 t bakpoeier, 2 t koeksoda en kwart t sout. Klits saam: 3 groot eiers, 400 ml suiker en 1 t vanillageurse. Voeg 1 k mayonaise by en klits deur. Voeg meelmengsel om beurt met 330 ml water by eiermengsel. Skep in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne en bak vir 30-40 minute tot gaar. Koel af op draadrakkie en versier met sjokolade versiersel of caramel kondensmelk.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos