Tot Sy eer.
Search

Sjokolade Mikrogolfkoek

Klits saam: 2 eiers en 250 ml suiker. Verhit 1k water, 45 ml olie en 45 ml kakaopoeier vir 1 minuut in mikrogolf. Sif 250 ml koekmeel, 2 t bakpoeier en knippiesout saam oor eiermengsel. Vou met metaallepel in eiermengsel. Meng kakao mengsel versigtig by deegmengsel. Gooi in gespuite mikrogolf  ringpan en sit vir 5-7 minute op hoog in mikrogolfoond. Laat staan vir 5 minute en keer uit op draadrakkie. As heeltemal koud, versier met vlg versiersel. Versiersel: 125 ml Idealmelk, 125 ml kakaopoeier en 375 ml versiersuiker. Meng alles goed deur. Plaas koek op bord en gooi oor koek. Strooi gekapte neute oor.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos