Sjokolade Modder Poeding

Oond 180 gr C. Klits alles saam in mengbak: 1 en driekwart k suiker, 1 k bruismeel, halwe k gesmelte botter, 4 groot, geklitste eiers, derde k kakao poeier, 2 t kitskoffie poeier, 1 t kaneel, halwe t sout en 2 t vanilla geursel. As te droog, gooi bietjie melk by en klits deur. Skep in diep poeding oondbak en bak vir 30 minute tot gaar.  Die poeding moet nog sag in middel wees. Eet met roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos