Sjokolade Muffins

Oond 180 gr C.   Meng saam in mengbak: 1 k koekmeel, 1 E mielieblom, 1 t koeksoda, 60 ml kakaopoeier, 2 ml sout en 125 ml gekapte sjokolade/sjok- splinters.  Druk 3 ryp piesangs fyn in ‘n bak en roer 1 eier, 125 ml plein jogurt, 60 ml gesmelte botter, 1 t vanilla en 125 ml suiker  by.  Meng liggies by droë bestandele. Skep in gevoerde, gespuite muffinpannetjie. Bak 20 minute tot gaar.  Haal versigtig uit en koel af.   Versier as verkies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos