Sjokolade Piesang Brownies

Oond 180 gr C.  Meng  80 ml kakao, 1 E strooisuiker, 80 ml melk. Voeg by: 3 fyngedrukte, ryp piesangs, 250 ml bruinsuiker en 1 t vanillageursel. Klits 3 groot eiers met vurk en roer ook by. Sif 180 ml bruismeel by en voeg 180 ml hawersemels [oat bran] by.  Roer gekapte neute by as verkies en skep mengsel in gevoerde, gesmeerde vierkantige pan. Bak 30 minute tot ferm. Laat 10 minute in pan afkoel. Keer uit op broodplank en sny in blokke. Sif versiersuiker of kakaopoeier oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos