Tot Sy eer.
Search

Sjokolade Poffertjies

Oond 200 gr C.

Bring 1 k water en 115 gr botter tot kookpunt in kastrol. Voeg 1 k koekmeel en 2 ml sout by en roer met houtlepel tot mengsel ‘n bol deeg vorm. Haal van plaat af en laat afkoel vir 5 min. Voeg 3 eiers 1 vir 1 by terwyl jy klits met elektriese eiermengsel. Mengsel moet blink, sytwe pasta vorm. Koel heeltemal af.  Skep lepels vol deeg op gesmeerde, gevoerde bakplaat. Jy kan ook in versiersak skep en langwerpige vorms spuit. Bak 10 minute by 200 gr C, draai oond af na 180 gr en bak verdere 5 minute. Haal uit oond, maak gaatjie langs elke poffertjie om stoom uit te laat. Koel heeltemal af. Maak snytjie in poffertjie en spuit styf geklopte room in en drup gesmelte sjokolade bo-oor.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos