Tot Sy eer.
Search

Sjokolade Rolkoek

Oond 180 gr C.  Sif saam: 185 ml koekmeel, 3 E kakao, 1t bakpoeier en knippie sout. Klits 4 eiers tot liggeel en voeg 1 t suurlemoensap en 1 E water by. Klits dan 185 ml strooisuiker bietjie vir bietjie by. Klits tot dik en vou dan meel by met metaallepel, Skep deeg in gevoerde, gesmeerde roll pan en bak vir 12-15 minute.  Keer uit op skoon bakpapier, trek ou bakpapier af en rol koek met vars papier en al op.  Laat heeltemal afkoel.        Versiersel:  Klits vlg bestandele saam: 6 E sagte botter, 4 E gesifde kakao, 875 ml versiersuiker, knippie sout en 2 E warm water. Klits tot sagte mengsel. Voeg nog bietjie water by as te dik. Rol koek oop en smeer versiersel bo-oor. Rol op sonder papier.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos