Sjokolade Roomys

Verhit 250 ml room in kastrol op medium hitte. Net tot kookpunt. Smelt dan 200 gr donkersjokolade in room en sif 2 E kakaopoeier by. Roer tot glad. Voeg 1 blikkie kondensmelk en 2 t vanillageursel by en roer tot glad. Klits nog 250 ml room styf en voeg knippie sout by.  Vou styfgeklopte room by sjokolade mengsel in. Skep in ‘n vrieshouer. Plaas in vrieskas  tot hard. Roer ‘n paar keer tydens vriesproses deur om kristalle te breek en roomys romerig te kry. Jy kan ook stukkies sjokolade van jou keuse by roer.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos