Skaapkerrie

Braai 2 gekapte uie in bietjie olie. Voeg 1 t fyn knoffel en 1/2 t gemmerpoeier by. Roer 2 t medium kerriepoeier, 1 t garam masala, 1/2 t borriepoeier, 1/2 t cumin, 2 t fyn koljander en 2 kaneelstokkies by.  Roer 1 kg skaapvleis [skenkel] by en roer tot alle stukkies vleis bedek is met sous in kastrol.  Voeg 5 k water by en kook vir 1 uur op lae gr hitte. Voeg 1 blik fyn gekapte tamaties en 5 geskilde, gesnyde, aartappels by.  Kook verder saggies met deksel op tot vleis en groente sag is.  Voeg sout na smaak, en 2 t suiker by.  As te min sous deur kookproses, vul aan met water.  As sous te dun, verdik met 1 t maizena, opgelos in bietjie water.   Bedien met rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos