Tot Sy eer.
Search

Skurwe Vierkante.

skurwe vierkanteOond 160 gr C.  Smelt in kastrol op stoof: 250 ml margarine, nie lite, 50 ml heuning. Laat koel af.  Voeg 2 t koeksoda by, pasop, dit skuim erg. Roer dan 2 geklitste eiers by.  Voeg by: 500 ml suiker, 500 ml koekmeel, 500 ml klapper, 750 ml rou oats, 250 ml gekapte neute, 250 ml semels en knippie sout. Meng goed deur en skep in gesmeerde, uitgevoerde oondpan. Bak vir 30-35 minute tot goudbruin. Laat 5 minute afkoel en sny in blokke. Koel heeltemal af en skep blokkies uit met eierspaan.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos