Smelt in die mond Soentjies

Oond 180 gr C.    Meng saam in mengbak; 125 ml koekmeel, 75 ml mielieblom, 125 ml gesifte versiersuiker, 15 ml bakpoeier en 1/4 t sout.   Vryf 60 ml botter in tot lyk soos broodkrummels. Klits 1 groot eier en maak deeg daarmee aan. Vorm koekies, of bolletjies met jou hand of sit deeg deur koekie-maker, of deur meultjie.  Plaas op gesmeerde bakplate en bak tot strooikleurig. 12-15 minute.  Jy kan koekies versier voordat jy dit bak, met kwart stukkies cherries of hundred and thousands.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos