Sneeu Poeding van Ma

Kook 4 k water em 2 k suiker en 1/2 t sout saam.  Roer 3 E maizena [gemeng met bietjie koue water] by.  Kook tot dik en blinkwit.  Haal af van stoof. Roer 1 t wynsteensuur by. Proe, voeg nog by as nie suur genoeg.  Klits 4 eierwitte styf en vou goed in. Skep in uitgespoelde glasbak. Plaas in yskas tot bedien.   Bedien met rooi en groen jellie en dun vla.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos