Soentjies

Oond 190 gr C. Klits 250 gr sagte margarine, 315 ml suiker, 2 eiers en 1 t vanilla geursel in mengbak. Sif saam : 450 ml koekmeel, 520 ml mielieblom, 10 ml bakpoeier en 2 ml sout saam. Roer by nat mengsel. Meng met hande bymekaar en rol uit. Druk af in vorms van jou keuse. Moenie deeg te dun uitrol nie. Pak in gesmeerde koekplaat en bak tot sagte strooikleur, omtrent 15-20 minute.  Laat afkoel op draadrakkie en smelt bak sjokolade. Druk helfte van koekie in warm sjokolade. Koel af en geniet by tee.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos