Tot Sy eer.
Search

Soet-Suur Hoenderlewertjies

12,5 ml olie

25 ml asyn

5 ml Worcestershiresous

1 groen- en rooi soetrissie in blokkies gesny

1 knoffeltootjie gekap

3 houers (250 g elk) hoenderlewertjies in groterige blokkies gesny

Lewer 4-6 porsies

2 groot uie in ringe gesny

50 ml blatjang

Sout en peper na smaak

Verhit olie in groot pan en braai die uieringe, soetrissies en knoffel tot sag.

Voeg die hoenderlewer by.

Braai tot bruin van buite maar nog effe pienk aan die binnekant.

Meng die asyn, blatjang en worcestershiresous en giet oor hoenderlewers.

Geur met sout en peper.

Verhit tot goed warm.

Bedien saam met pasta.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos