Soetsuur Hoender Braai

Prik 16 hoenderstukkies met skerp messie. Pak in glasbak en sprinkel liggies met hoenderspeserye. Gooi vlg marinade oor:  Meng saam: 100 ml kook-olie, 125 ml soja of worcestersous, 80 ml tamatiesous, 80 ml asyn, 80 ml heuning en 2 t fyn gemmer.  Gooi oor hoender en plaas in yskas vir 2 ure.  Braai oor medium-warm kole. Verf af en toe met marinade.  Kan ook in oond gebak word   180 gr C.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos