Souskluitjies

Deeg:  Sif 250 ml koekmeel, 2 t bakpoeier en 2 ml sout. Vryf 60 gr sagte margarine in meel.  Maak aan met 100 ml melk en 1 geklitste eier.   Kook 3 k water en knippie sout.  Sodra water kook, draai plaat na laagste hitte. Plaas lepels-vol deeg in kokende water. Plaas deksel op en kook vir 15 minute.  Skep kluitjies uit met gaatjies-lepel en plaas in bak. Sprinkel kaneelsuiker oor. Skep 2 t margarine in water in kastrol en 1 E kaneelsuiker. Kook deur en gooi oor kluitjies. Bedien warm.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos