Spaghetti Bolognaise

Braai saam in bietjie olie: 1 gekapte ui, 1 knoffelhuisie, gekap, 1 gerasperde geelwortel en 1 gekapte greenpepper. Braai 500 gr maalvleis by. Voeg 1 biefblokkie, opgelos in 1 k kookwater by, 1 blik gekapte tamaties, 2 E tamatiesous, sout en peper. Prut vir 1 uur. As sous te dun, verdik met 2 t maizena opgelos in bietjie water, by, kook deur en bedien op gekookte spaghetti. Jy kan ook ‘n blikkie baked beans byvoeg om dit meer te maak.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos