Spare Rib met Coke

Plaas 1 kg spare rib stukkies in oondpan. [Voer jou pan met 2 lae foelie uit] Skakel oond op 180 gr C.  Meng sous in ‘n beker:  125 ml tamatiesous, 125 ml bladjang, 1 pakkie bruin uiesoppoeier en 300 ml coke.  Klits klonte uit met draadklitser.   Sny 2 uie in stukkies en plaas op ribbes.  Gooi sous oor en bak vir 2 ure.  Draai ribbes 2 maal om.  Bak tot sous gaar en taai.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos