Speserye Sjokoladekoek

Oond 180 gr C.   Klits saam in mengbak: 80 gr sagte botter, 200 ml suiker, 2 groot eiers en 1 t vanilla geursel.  Sif saam: 500 ml koekmeel, 2 E kakaopoeier, 4 t bakpoeier, 3 ml sout, 5 ml fyn kaneel en 2 ml fyn gemmer.  Roer meelmengsel by eiermengsel en roer 160 ml warm melk, waarin 2 t koffiepoeier opgelos is, by deegmengsel. Skep beslag in 2 gevoerde, gesmeerde koekpanne. Bak vir 30 minute tot gaar. Koel af op afkoelrakkie en versier met sjokoladeversiersel

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos