Speserye Vleisbroodjie

Oond: 180 gr C. Voer ‘n broodpannetjie, 24cmx13cm uit met tinfoelie en smeer met margarine. Vlg in mengbak: 1 kg maalvleis,nie te vet, 2 gekapte ui, 125 ml blatjang, 1 E asyn, 2 groen appels, gerasper, half k fyn broodkrummels, 1 E droee pietersielie, 1 en half t sout, 1 t fyn koljander, kwart t fyn naeltjies, half t fyn kaneel, half t fyn gemmer en 2 eiers. Meng liggies deur en skep in pan, maak gelyk bo-op en smeer 4 E tamatiesous bo-oor. Bak vir plus minus een tot een en half uur tot gaar. Haal uit oond en laat staan 10 min. Keer versigtig uit op dienbord , sny in dik skywe en bedien met kapokaarappels, ertjies en wortels

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos