Spinasie-quiche

Spinasie-quiche

Bestanddele
1 pakkie bevrore skilferdeeg
1 blikkie soutbeesvleis of Lunch Loaf (opgesny)
250 ml gerasperde kaas (cheddar)
2 groot uie, fyn gekerf
500 ml geblanseerde spinasie, gesnipper
25 ml gekapte pietersielie
4 eiers
1 blikkie (410 g) ingedampte melk
30 ml koekmeel
25 ml blatjang
2 ml (knypie) rooi peper
Sout en peper na smaak

Metode
Voer die tertbord met die deeg uit.
Meng al die bestanddele goed saam en gooi in die tertbord.

Bak ongeveer een uur by 180 Grade Celcius

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos