Sponskoek

Oond: 180 gr C. Klits 4 eiers, 250 ml suiker en 1 t vanilla geursel tot dik en liggeel. Sif saam: 320 ml koekmeel, 3 t bakpoeier en kwart t sout saam. Vou in by eiermengsel. Meng saam: 125 ml kookwater en 125 ml canola/sonneblom-olie. Vou liggies in by deegmengsel. Deel deeg in twee gevoerde, gesmeerde koekpanne en bak vir 25-30 minute tot gaar. Keer uit en koel af. Smeer aarbeikonfyt op een deel en dan geklopte room. Plaas tweede koek bo-op en sprinkel versiersuiker oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos