Tot Sy eer.
Search

Staatmaker Sjokoladekoek

Oond 180 gr C.   Klits 3 groot eiers en 2 k suiker goed en voeg 125 ml canola/sonneblom-olie by. Sif 500 ml koekmeel, 125 ml kakao-poeier, 1 t koeksoda, 2 t bakpoeier en 2 ml sout. Roer dit om beurt met 310 ml karringmelk en 1 t vanilla-essens by eiermengsel.  Skep in gevoerde, gesmeerde oondpan en bak vir 30-40 minute. Koel af en smeer met karamel-kondensmelk en  versier verder soos verkies. Sny in blokke.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos