Sterpoeding

Oond 180 gr C.       Klits saam; 60 gr sagte botter en 2 eiers.  Roer 250 ml appelkooskonfyt en 1 E asyn by.  Sif 250 ml bruismeel en 1/2 t sout en roer ook by. Roer 5 ml koeksoda by 250 ml melk en roer by.  Skep in gesmeerde diep oondbak en bak vir 30 minute tot gaar.  Gooi vlg sous oor; Meng deeglik; 500 ml room, 250 ml suiker en 2 goed geklitste eiers. Plaas weer in oond en bak verder tot sous dik is.  Dien op met vla of roomys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos