Tot Sy eer.
Search

Stokkiekoekies

BESTANDDELE

1 gekoopte wit koek

75 ml (5e) fyn appelkooskonfyt

200g (1 groot plak) donkersjokolade

200g (1 groot plak) witsjokolade

Klompie plastiekstokkies

Versiering soos silwer balletjies en gekapte neute

 METODE

1.     Sny korse van koek af en kap koek fyn in voedselverwerker – jy benodig  500ml krummels

2.    Maak konfyt warm en roer by koekkrummels tot goed gemeng

3.    Gebruik hoog vol teelepel krummels en vorm balletjie

4.    Smelt sjokolade in dubbelkoker of mikrogolf teen 70% krag tot glad

5.    Laat staan so tydjie om effens af te koel, maar dit moet nie weer stol nie

6.    Druk stokkies eers in sjokolade en plaas vir een uur in vrieskas om te verhard

7.    Druk stokkies in koekballetjies en doop koekballetjies in gesmelte sjokolade

8.    Druk stokkies in foamalite of oassis sodat stokkies regop kan staan en verhard

9.    Sprinkel versierings bo-oor voor sjokolade verhard

WENK

Doop stokkies twee maal in sjokolade om mooi voorkoms te gee.  Wit en donker sjokolade kan gebruik word.

 

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos