Stokvis in eiervla

oond op 180 grade
500 g bevrore stokvisfilette
sout en peper
200 ml melk
1 eier
12,5ml mielieblom (maizena)
2 ml gemengde kruie
1 ryp middelslag tamatie
1 kleinerige ui
ekstra koekmeel
margarine
Metode
trek velle van vis af en laat n rukkie by kamertemperatuur ontdooi
geur met sout en peper en rol in koekmeel
Smeer n vlak bak goed met margarine en pak vis kop en stert langs mekaar en vou die sterte in.
klits melk , eier , mielieblom en kruie saam en gooi oor die vis
Sny tamatie in dun skyfies en plaas bo op vis dan uie ook in dun skyfies gesny. Stip met klontjies margarine en strooi nog bietjie sout en peper oor.
bak  omtrent 30 min of tot eiervla gestol het. Laat bietjie afkoel en geniet.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos