Stroop Wafels

Gooi in mengbak: 375 ml strooisuiker, 450 gr sagte botter, 3 ekstra groot eiers, 45 ml melk, 875 ml koekeel, 1 t sout en 2 t fyn kaneel.. Meng bestandele tot ‘n sagte deeg en verdeel in 24 bolletjies. Verhit wafelmaker en spuit met kleefwerende sproei. Plaas 4 bolletjies ver uitmekaar op die plaat. Maak toe en rooster tot gaar. Haal uit en koel af, Druk sirkels met koekiedrukker uit. Smelt 60 ml stroop en 60 gr botter. Smeer stroop op helfte van wafels en plaas ander helfte bo-op.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos