Sultana Beesstert

Braai 1 kg beesstert stukke in olie tot goudbruin. Haal uit kastrol. Braai 1 uie in olie in kastrol. Meng saam: 1 E mosterd poeier, 1 E koekmeel,  2 t sout, 1 k lemoensap, 1 E suurlemoensap en 1 E worcestersous. Roer by uie in kastrol tot dikkerige sous. Gooi ‘n halwe k droeë sultanas by sous en plaas stukke beesstert terug in sous. Kook saggies tot vleis van been afval. Bedien met rys of kapokaartappels.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos