Sultana Chutney

Kook 2 k asyn, 2 en halwe k suiker en 1 t sout saam. Voeg 4 groot gesnyde uie by en kook saggies vir 10 minute. Voeg by: 1 E kerriepoeier, 1 t borrie, gemeng met 2 E soetwyn. Voeg dan 1 kg sultana korrels by en kook vir 20 minute. Roer 5 t maizena, aangemaak met bietjie water by. Kook goed deur en bottel warm.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos