Suurlemoen Broodjie

Oond 180 gr C.  Klits saam: 2 groot eiers, 1 en halwe k suiker, 80 gr sagte botter en halwe t suurlemoen essens. Roer 2 k bruismeel om beurt, met 125 ml melk by eiermengsel en voeg halwe t sout by. Roer dan 1 suurlemoen se fyngerasperde skil en 2 suurlemoene se sap ook by.  Skep in gevoerde, gesmeerde broodpannetjie en bak vir 45-60 minute tot gaar. Bak in middel van oond.  Koel heeltemal af en maak versiersel van versiersuiker en suurlemoen sap, drup bo-oor.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos