Suurlemoen Kaaskoek

Maak kors van 1 pak fynner gerolde Tenniskoekies en 3 E gesmelte botter.  Druk vas in diep tertbak.       Vulsel:  Los 1 pakkie suurlemoenjellie op in 125 ml kookwater.  Klits 1 blik kondensmelk liggies by en ook 2 houers gladde maaskaas en 100 ml suurlemoensap  Skep in kors. Verkoel in yskas. Bedien met vars vrugte of styfgeklopte room gemeng met suurlemoensmeer.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos