Tot Sy eer.
Search

Suurlemoenpiekel

2 heel suurlemoene, skil en al in blokkegesny en pitte verwyder. 5groot uie, grofgekap. 4k (1 liter) witasyn afgerasperde skil en sap van nog 3 suurlemoene. 5k suiker. 1 t borrie. 4 t peperwortel (nie die pienk een nie) of 2 t aangemaakte wasabi. 5-6 knoffelhuisies, fyngemaak. 2t fyn gemmer.Verpulp die suurlemoen en uie met ‘n bietjie van die asyn tot ‘n gladde mengsel.Sit in ‘n vlekvryestaalpot,voeg die res van die bestanddele en 1 e sout by en laat opkook.Verlaag die hitte en kook vir ongeveer 45 minute, tot dit ‘n goeie skepbare dikte het en nie te loperig is nie.Bottel in warm, gesterilliseerde flesse.Bewaar oopgemaakte flesse in die yskas.

Deel dit!

Facebook
Twitter
WhatsApp
Druk
Epos