Tamatie en Rissie Konfyt Mikrogolf

In ‘n groot, diep mikrogolf oondbak: 1 kg gekapte konfyttamaties en 1 gekapte brandrissie, plaas in mikrogolf oond op hoog vir 10 minute. Dit sal nou sag wees. Voeg vlg bestandele by: driekwart kg suiker, 1 t fyn gemmer en half t sout, roer deur en plaas terug in mikrogolf. Kook vir 30 minute op hoog, maar roer elke 10 minute. Skep in gesteriliseerde botteltjies en merk. Heerlik as bedien met kaas bord en beskuitjies.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos