Tamatie Hoender

Pak 10  rou hoenderstukkie in ‘n casserol bak. Sny 1 groot ui in ringe en pak bo-op hoender. Sprinkel hoenderspesserye oor.   Meng vlg sous:    125 ml tamatiesous, 125 ml water, 60 ml kookolie, 30 ml asyn, 3 E worcestersous, 125 ml blatjang, 1/2 t sout, 1 E  suiker en 1 E koekmeel. Klits saam en gooi bo-oor hoender. Bedek met deksel of tinfoelie. Bak by 180 gr C vir 2-3 ure.  Bedien met rys.

Deel dit!

Share on facebook
Facebook
Share on twitter
Twitter
Share on whatsapp
WhatsApp
Share on print
Druk
Share on email
Epos